Natalie is nou SA se enigste hoop

Adnaan Mohamed

Beijing. – Natalie du Toit is nou Suid-Afrika se enigste oorblywende hoop om ’n goue medalje hier in die swemnommers op die Olimpiese Spele te verower.

Dit volg nadat die 4 x 100 meter-wisselslagaflosspan vir mans ook nie ’n medalje kon verower nie.

Gerhard Zandberg (rugslag), Cameron van der Burgh (borsslag), Lyndon Ferns (vlinderslag) en Darian Townsend (vryslag) het ’n Afrika-rekord met ’n tyd van 3 minute en 33.70 sekondes opgestel, maar dit was net goed genoeg vir ’n sewende plek.

Die Amerikaanse span, bestaande uit Aaron Piersol, Brendan Hansen, Michael Phelps en Jason Lezak het goud in ’n wêreldrekordtyd van 3:29.34 verower.

In dié proses het die 23-jarige Phelps die suksesvolste swemmer nóg op ’n Spele geword toe toe hy sy agtste goue medalje verower het. Australië het ’n silwer- en Japan ’n bronsmedalje verower.

Met dié sege het Phelps sy landgenoot Mark Spitz se sewe goue medaljes in 1972 in München oortref. Phelps, wat aan sy derde Spele deelneem, het sy aantal Olimpiese medaljes, wat die ses van Athene insluit, tot 14 opgeskuif.

Suid-Afrika se groot hoop in die swembad, Roland Schoeman, het eergister ’n Afrika-rekord van 21.67 sekondes in die eindstryd van die 50 vryslag opgestel. Schoeman, wat drie medaljes op die vorige Spele in Athene verower het, se tyd was nie goed genoeg vir ’n medalje nie. Hy moes met die sewende plek tevrede wees.

Dit is eintlik ironies dat Suid-Afrika se laaste kans om ’n medalje in swem te verower, nou op die skouers van ’n gestremde swemmer, Du Toit, rus.

Dié 24-jarige swemmer gaan oormôre aan die oopwaterswem oor tien kilometer deelneem. Du Toit het op 16-jarige ouderdom haar linkerbeen in ’n bromponie-ongeluk verloor.

In oormôre se nommer sal sy met 25 van die wêreld se beste te langafstand-swemmers meeding.

Oor haar kanse, sê Du Toit: “My doelwit is om tussen die eerste tien deelnemers te eindig. In Sevilla het ek die derde plek met ’n paar honderdstes van ’n sekonde misgeloop,”

Mosaiek

Hierdie is nogals lekker, vat ‘n kleine rukkie maar interessant om te doen!

Hierso is die vrae en die antwoorde, en dan my mosaiek:

1. What is your name?  Marinda

2. What is your favourite food?  Prawns

3. Which school did you attend? Various

4. What is your favourite colour? Blue

5. Which celebrity do you consider to be your favourite? Jason Bourne

6. Your favourite drink? Sherry!

7. Your dream holiday? Island

8. Your favourite dessert (poeding, nagereg)? Crème Brulee

9. What do you want to be when you grow up? I don’t want to grow up!

10. What do you value most in life? Love

11. One word to describe you? Fabulous (he he)

12. Your blog name or nick? Klopper Kaskenades

OK, om dit te doen, gaan jy eerste na Mosaic Maker toe. Daar kies jy jou kolomme (3) en rye (4). Maak Flickr se search bladsy oop in ‘n aparte venster. Daar gaan search jy dan die antwoorde op die vrae. Kies een foto van DIE EERSTE bladsy, en copy sy url in die mosaic maker se spasies. Wanneer jy klaar is, save die hele gedoente na jou rekenaar. Daar is ‘n save button. Upload dan die mosaic soos ‘n gewone foto in jou post. Hulle sal aan die onderkant vir jou ‘n code gee wat jy by die HTML deel van jou post paste, om erkenning te gee aan die foto’s wat jy gebruik. Have fun!

Korrupsie onder metropolisielede - Rapporteer hulle ook!!

Daniëlla du Plooy

Die teenmisdaadnetwerk eBlockwatch het ’n spesiale noodlyn geskep waar korrupsie onder metropolisielede aangemeld kan word om dié euwel te help voorkom.

Dit kom ná ’n berig verlede week in Beeld oor ’n 21-jarige student wat na bewering deur metropolisielede geteister is.

Volgens die vrou, wat uit vrees nie geïdentifiseer wou word nie, het die metropolisielede in uniform en in ’n gemerkte bakkie haar Sondag 27 Julie omstreeks 03:10 in Beyers Naudérylaan voorgekeer.

“Ek het gevra of hulle geld wil hê. Die een het aangehou sê sy kollega gaan nie gelukkig wees om my net so te laat gaan nie.

“Daar was ’n besliste seksuele ondertoon, maar ek het my dom gehou en nooit daarop gereageer nie.”

Beeld én eBlockwatch is sedertdien oorval deur lesers wat in soortgelyke situasies was.

Talle het gekla dat die 10111-nommer telkens beset was wanneer hulle probeer bel het en die voorval wou aanmeld of metropolisielede se besonderhede deurgee.

Volgens mnr. André Snyman, stigter van eBlockwatch, is dié noodlyn gister geskep om mense te help.

Sodra jy die nommer bel, begin dit opneem totdat jy weer neersit. Die idee is dat gebruikers die metropolisielede wat jou afgetrek het se inligting (hul motorregistrasienommer, hul naam, rang en magsnommer) gee sodra jy vir omkoopgeld gevra word of onraad vermoed.

Die opname word dan op eBlockwatch se stelsel gestoor en kan later as bewyse gebruik word.

Die nommer is 082 236 0003.

 Nog ‘n initiatief wat ons maar kan hoop sal help om die ouens vas te vang wat besig is met hierdie misdade waar hulle veronderstel is om ons te beskerm! Waar is die dae toe mens nog kon weet die polisie is betroubaar en sal jou help, nie verdere skade aandoen nie. Ek ry maar deesdae nie veel rond op my eie nie, ek en manlief gaan maar orals saam, of ons bly by die huis. Ons is eenvoudig net te bang - te bang ‘n padvark bots in ons vas, te bang ons word deel van die statistieke van misdaad. Te bang ‘n metropolisielid trek ons af en probeer ons “bribe” of gee ons ‘n kaartjie van ‘n oortreding wat ons NIE gepleeg het nie. Waar en wanneer gaan dit ophou, indien ooit??

Ns, het JY al ‘n padvark aangekla? Kyk my vorige post. Ek het al 2 ouens rapporteer. Of dit gaan help, weet mens nie maar ek reken mens moet probeer.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hollywood Sterre en hul giere…

Jolie kraam in kalmte

Los Angeles. – Angelina Jolie het op 12 Julie met panfluitmusiek op die agtergrond die lewe aan haar en Brad Pitt se tweeling geskenk.

Angelina het ook ’n CD met voëlgeluide, lopende water en Boeddhistiese dreunsang gevra om te verseker ’n kalm atmosfeer heers in haar kraam-saal – én dat Brad en James Haven, haar broer, in haar hospitaalkamer bly die nag voordat sy kraam.

Volgens ’n bron het Brad haar hand tydens die hele geboorte van sowat ’n uur vasgehou en haar vertel hoe goed sy vaar

Kyk, ek wil nou nie snaaks wees nie, maar is hierdie tipe van ding rêrig nodig? Ok ok, hulle doen hul deel vir world hunger en neem kinders aan by die dosyne maar soms, net soms is dit een te veel, en doen hulle dinge wat my stom laat…

Die vrou het ‘n keisersnee gehad, whoop-di-doo! So haar nou vertel “hoe goed sy doen?”  En dan al daai musiek in die kraamsaal ens - ok, dit kan ek seker nog verstaan maar om dit laat klink asof sy nou “hard werk” terwyl dit ‘n keisersnee is?

Ek weet ek is seker nou maar net “bitchy”, maar ek raak lekker ge-irriteerd met mense wat allerande weird en “wonderful” dinge doen en so “aansitterig” is ook nog…hoekom altyd so oordrewe gaan met ‘n ding? 

Oh wel, hulle kan seker doen wat hulle wil, my motto is tog “live and let live” maar ai…ek kan maar net lag in my mou…

Rapporteer daai padvark!

Dis mos nou iets wat ek beslis gaan doen! K*k gaan die taxi’s k*k..ek hoop?! Ek gaan vir my ‘n klein notaboekie in my kar sit met ‘n pen by, en as ek ‘n padvark sien (veral elke oggend oppad werk toe is daar ‘n paar) en ek gaan hulle aanmeld! Lekker!!!!

Artikel uit Beeld, Jul 24 2008 10:09:47:100PM - (SA) , Carina van Wyk

Jaagduiwels en padvarke kan nou ook op Arrive Alive se webwerf deur ander motoriste verkla word.
‘n Waarskuwingsbrief word aan die eienaar van die voertuig gestuur nadat Arrive Alive ‘n klag ontvang het.
Ná drie waarskuwingsbriewe kan motoriste strafregtelik aangekla word.
Volgens mnr. Ran?thoko Rakgoale, uitvoerende hoof van die padverkeersbestuurskorporasie (RTMC), word die eienaar van die voertuig wat aangemeld is in die brief van die beweringe teen hom ingelig.
Eienaars word aangeraai om hul optrede op die pad te verbeter as hulle self bestuur het. As iemand anders bestuur het, word die eienaar gevra om die beweringe onder die bestuurder se aandag te bring.
Eienaars word ook die keuse gegee om ‘n verklaring na die korporasie te stuur as hulle reken die bewerings is ongeldig. Die verklaring word dan saam met die aanvanklike klag op ‘n databasis geplaas.
Rakgoale het gister gesê mense wie se name ‘n derde keer op die databasis verskyn, kan strafregtelik aangekla word as daar getuies is wat bereid is om teen hulle te getuig.
Die departement van vervoer moedig motoriste ook met oorhoofse elektroniese borde op hoofweë aan om swak bestuur aan te meld.
Die woorde “Report bad driving” met ‘n telefoonnommer flikker gereeld op dié borde.
Volgens mnr. Collen Msibi, woordvoerder van die departement van vervoer, moet mense wat iemand aanmeld hul persoonlike besonderhede en adres verskaf om te verseker dat beskuldigings nie uit persoonlike vetes spruit nie.
Msibi het gesê gereelde klagte sluit in rooi verkeersligte wat verontagsaam word, motoriste wat jaag en mense wat onveilig verbysteek.
‘n Aansienlike aantal klagte oor busse, taxi’s en vragmotors is al ontvang, maar veral bestuurders van busse en vragmotors slaan ag daarop as hulle briewe ontvang, volgens Msibi.
• Meld swak gedrag op paaie aan by www.arrivealive.co.za of bel 0861 400 800.